Thursday, 3 October 2013

Gerookte Mossel Souttert

Luzelle Bredenhann
'n Lekker lus maak reseppie vir julle....

Gerookte Mossel Souttert

Heerlik vir enige vingerhappie, ligte middagete of aandete...

1 ui, gekap
pakkie sampioene in skywe gesny
2 blikkies gerookte mossels
koppie gerasperde cheddarkaas
3 eiers
4 el botter
125 ml melk
1 tl mosterdpoeier
1 eetl koekmeel
1 tl aromat

swartpeper na smaak
rooipeper na smaak

Voorverhitte oond teen 180C

Braai uie in botter tot deurskynend, voeg sampioene by en braai liggies, haal af van die plaat.
Gooi die gerookte mossels by met so 2 tl van die mossel olie.
Gooi gerasperde kaas , rooipeper na smaak by, roer liggies saam en giet in gesmeerde oondvaste bak.
In 'n lekker groot mengbak, klits saam die eiers, melk, mosterdpoeier, koekmeel, aromat en peper , maak seker dis goed gemeng.
Gooi melkmengsel stadig oor mosselmengsel in tertbak.
Bak 180C vir 30 min of tot gestol en mooi bruin.