Wednesday, 23 October 2013
Hoender nacho's
Hoender nacho's
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 200°C
2-3 hoenderborsfilette, in happiegrootte blokkies gesny
3ml hoenderspeserye
1-2ml rooipeper (opsioneel)
15ml sonneblomolie
400g-pak nacho-skyfies
125g growwe maaskaas
200ml-fles salsa
200ml gerasperde cheddar
blokkies avocado om voor te sit
vars koljander vir garnering
1. Gooi die speserye oor die hoender. Verhit die olie in ‘n pan en braai die hoender vir twee minute tot net gaar.
2. Rangskik die nachos op ‘n bord of in ‘n bak, en sit die hoender, maaskaas en salsa in lae tussenin.
3. Sprinkel die kaas oor en sit dit in die verhitte oond vir 10 – 15 minute of tot die kaas gesmelt het. Sit die avokado bo-op en garneer met koljander.
(Kyk Net)