Wednesday 16 October 2013

HEUNING-SJOKOLADEKOEK



HEUNING-SJOKOLADEKOEK

JY BENODIG
1 koppie heuning
½ koppie druiwepitolie
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje-ekstrak
1 ½ koppie gaar, fyn aartappels
¾ koppie gewone jogurt
1 ½ koppie gemaalde amandels
150g donker sjokolade
3 eetlepels sjokoladelikeur
METODE
Klits heuning, olie, eiergele en vanielje saam. Meng aartappels en jogurt saam en klits deeglik totdat alle klonte verdwyn het. Klits by eiermengsel. Meng amandels by. Smelt sjokolade en roer by beslag. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou in by beslag. Skep in gesmeerde 22cm losbodempan. Bak in oond teen 180˚C vir 1 uur. Haal uit oond en gooi likeur oor. Laat heeltemal afkoel voor dit uit die pan verwyder word.