Tuesday 15 October 2013

Gestoofde vrugte met vanielje- en kaneelroom




Gestoofde vrugte met vanielje- en kaneelroom
GENOEG VIR 4

BESTANDDELE
5 ml fyn steranys
10 ml naeltjies
500 g droëvrugte (soos perskes,  pruime, pere, piesangs, appelkose, appels en mango)
5 ml fyn kaneel
1 vanieljepeul, oopgesny
1 liter varsuitgedrukte lemoensap
250 g suiker

AANWYSINGS
1 Knoop die steranys en naeltjies in ’n moeseliendoekie toe.
2 Plaas al die bestanddele (behalwe piesangs, as jy gebruik) in ’n kastrol en laat prut liggies tot die vrugte sag is.
3 As jy piesangs gebruik, voeg dit by ’n paar minute voor jy die kastrol van die stoof afhaal.
4 Haal die moeseliensakkie uit. As jy die vrugte nie dadelik gaan voorsit nie, skep dit in ’n ge­steriliseerde fles, laat afkoel en hou in die yskas.

Vanielje-en-kaneelroom
Meng 125 ml styfgeklopte room, 15 ml strooisuiker, ’n knippie fyn kaneel en die saadjies van ’n halwe vanielje­peul* saam. Sit voor saam met die vrugte. (*Jy kan ook ’n paar druppels vanielje-ekstrak of 2,5 ml vanielje-geursel gebruik.)