Wednesday, 16 October 2013
GEROOSTERDE HOENDER MET OLYWE
GEROOSTERDE HOENDER MET OLYWE
JY BENODIG
1 x 2,5kg hoender
2 koppies swart olywe, ontpit
5 eetlepels druiwepitolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
blaartjies van 5 takkies tiemie
1 teelepel seesout
1 teelepel grofgemaalde swartpeper
½ koppie witwyn
2 teelepels botter
ekstra sout en peper
METODE
Verhit oond tot 200˚C. Plaas olywe binne-in hoender. Plaas hoender in oondpan en rooster vir 1 ¼ uur. Plaas hoender op opdienbord, skep olywe rondom. Plaas oondpan op warm plaat en voeg wyn en botter by. Klits met handklitser totdat botter gesmelt is en wyn begin kook. Geur liggies met sout en peper. Gooi oor hoender of bedien apart in sousbakkie.