Tuesday 15 October 2013

Gevulde soetrissie




Gevulde soetrissie

Plaas 2 uitgeholde groot soetrissies (sprinkel met olyf olie, Sout & peper) in die oond op 180 en bak vir 15-20 minute.

 Terwyl dit bak maak die vulsel:
 Braai 1 gekapte rooi ui saam met 250g Maalvleis, 1 Pak spek opgesny, Knoffel en soetrissie.
 Voeg dan 'n paar songedroogde tamaties, 1 tamatie, 5ml suiker, 10ml donker soya, 10ml bruin uie soppoeier by. As die sous dikker is, haal van die hitte af.

 Haal die soetrissie uit die oond en vul met die maalvleis mengsel. Bak vir 15-20 minute teen 180 tot die rissie sag is na smaak. Sit so bietjie cheddar kaar bo oor en bak nog so 2-3 minute tot die smelt.

 Maak 'n sous met kersietamaties. Braai tamaties saam met balsamiese asyn, suiker, sout, paprika & swart peper.

 Bedien op bruin rys met gesnipperde groenui.