Sunday, 20 October 2013

APPEL EN DADEL PLAATKOEKIES





APPEL EN DADEL PLAATKOEKIES

200 g koekmeel
2 tl bakpoeier (10 ml)
1 tl sout (5 ml)
3 el ligbruinsuiker (45 ml)
50 g gerolde hawermout
100 g gekapte neute (grof)
100 g gekapte dadels (fyn)
250 ml melk
2 eiers
55 g ongesoute botter, gesmelt en afgekoel.
Gerasperde skil van 1 lemoen.
2 appels

1 Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer/by suiker, hawermout, neute en dadels.

2 Klits melk, eiers, botter en lemoenskil goed saam.

3 Meng meelmengsel liggies by, moenie te veel meng nie.

4 Sny appels in 3 mm snye en verwyder pitte met klein sterdrukkertjie.

5 Bak plaatkoekies. Plaas appelskyf op. Verf met gesmelte botter voor omgedraai word. Wag vir borrels soos met gewone plaatkoekies.

6 Bedien met  suurroom