Thursday, 17 October 2013

TAMATIE-EN-UIESMOOR MET SAMPIOENE




TAMATIE-EN-UIESMOOR MET SAMPIOENE  
Bestanddele
1 ui
2 tamaties 
handvol sampioene 
pietersielie - hand vol 
Worcestersous - na smaak 
2 suikerlepels suiker 
2 knypies sout 
peper na smaak 
2 eetlepels sonneblomolie 
Metode
Braai die uie in ʼn matige pan met olie tot dit deurskynend is. Sny die tamaties in kwarte en voeg by. Prut die mengsel vir 10-20 minute tot dit ʼn sous vorm. Voeg die gekerfde sampioene en gekapte pietersielie by en prut verder. Voeg Worcestersous, suiker, sout en peper na smaak by.  
Hoe langer dit prut hoe lekkerder word dit. Bedien dit op roosterbrood met ʼn gebakte eier bo-op.