Thursday, 22 August 2013

Chop chop Pizza...



Ria Posthumus
Chop chop Pizza...
Kry eers 'n lekker ronde bak met 'n deksel wat SEEL!!
dan maak jy so......
Gooi nou in daai bak
500 ML (2 koppies) bruismeel ...
150 ML kookwater
125 ML olie
Seel die bak en skud dit goed sodat alles kan meng.
Sit dit eenkant en dan maak jy nou al daai lekker goedjies wat jy bo op wil sit...want dis julle keuse.
Sodra jy nou al daai goed bymekaar het wat jy op wil sit, dan maak jy verder so..
Neem 'n pizza bord (of bakplaat) en bedek dit met daai deeg.
Gooi tamatiesous op en smeer dat die deeg bedek is.
Sprinkel 'n bietjie Origanum oor.
Dan al daai lekker goeters wat jy wil opsit.....
Laaste sommer baie gerasperde kaas en druk dit in 'n voorafverhitte oond van 180 grade en bak dit vir so 20 minute.
Haal uit... sny... eet... en wees gelukkig!
Groetnis
As jy nie bruismeel het nie, moenie stress nie.. gebruik dan 2 koppies meel en 1 en 'n half tellepels bakpoeier en so 'n halwe teelepel koeksoda.. Werk net so goed!!!