Metode
1. Voorverhit oond tot 180°C. Smeer
en voer bodem van twee groot broodpanne of 1 x 24 cm en 2 x 20 cm koekpanne
met die botterblok se papier of ander botter- of bakpapier.
2. Plaas botter en olie in ’n groot emalje-mengskottel oor lae hitte op ’n
stoofplaat tot net gesmelt of plaas dit in die oond wat warm word, tot
gesmelt. Die mengsel moenie kook nie. (Wees versigtig – die skottel word
vinnig warm.) Of smelt botter en olie oor lae hitte in ’n kastrol of in
mikrogolfoond en skink in ’n groot mengbak.
3. Strooi droë bestanddele in die volgorde wat dit gelys word, een vir een in
’n eweredige laag oor die warm bottermengsel. Vryf warm mengsel met jou
vingerpunte by droë bestanddele in tot dit redelik krummelrig lyk. Daar moet
geen droë meel of groot klonte sigbaar wees nie.
4. Meng vanielje en karringmelk of suur melk saam. Maak ’n holte in die
meelmengsel en skink vloeistof by. Meng weer met jou hande tot ’n deeg vorm.
Voeg ’n bietjie ekstra melk by indien dit te droog voel of nog hawermout as
dit te slap is. Die deeg moet styf genoeg wees dat jy groot handevol maklik
in die panne kan ‘skep’.
5. Verdeel deeg tussen panne en maak liggies bo-op gelyk. Bak 50-60 minute of
tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer beskuit uit en laat op afkoelrakkies tot
heeltemal afgekoel.
6. Sny met ’n broodmes in vingertjies of breek met ’n vurk in stukkies. Plaas
in ’n enkellaag op die oond se bakplate of ander vlak bakplaat en droog teen
70-100°C ongeveer 6 ure of oornag uit. Hou die oonddeur vir die
uitdroogproses oop. Laat beskuit afkoel en verpak lugdig.
Wenke:
1. Enige van die sade kan met grofgekapte rou amandels vervang word.
2. Vries enige melk wat effens begin suur word, in plaas daarvan om dit weg
te gooi – dis ideaal vir beskuitbak.
3. Die beskuit kan in enige brood-, koek- of diep oondpan gebak word. Hou in
gedagte dat die grootte van die pan die baktyd kan laat varieer.
|