Monday 8 July 2013

BABY MARROW GROENTE GEBAK




Wilna Dorfling

BABY MARROW GROENTE GEBAK
5 eiers geklits
125 ml olie
250ml bruismeel
1 gekapte ui

Gesnipperde bacon
1 kp gerasperde kaas
1 blik room suiker mielies


Sout en peper
375 gram gerasperde baby marrows (murgpampoen)
Klits die eiers en olie saam. Sif die bruismeel, sout en peper by en meng deeglik. Voeg die res van die bestanddele by. Maak of in cupcake maker, of plaas in gesemeerde oondskottel / muffin pannetjies en bak 45 min by 180 grade Celcsius. Lewer 24 klein tertjies.
Baie Lekker as ‘n braai bykos.