Monday 8 July 2013

Reënboog Sponskoek




Reënboog Sponskoek


4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarine
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot
romerig.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n

metaallepel.

Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer
dit deeglik in bogenoemde mengsel.
Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middle
van die koek kom.

Ek het die volgende veranderinge aangebring:
Ek het 300ml unrefined organic brown sugar gebruik (moes bietjie langer klits
om dit op te los)
Ek het 125g unsalted butter gebruik van Woolies
Ek het die beslag 2 keer aangemaak. Elke beslag het ek in 2 gedeel en koek
kleursel van my keuse ingemeng (ek het die gel kleursel gebruik). Giet in
panne en bak

Tips:
As die koek te veel rys in die middel, stel jou oond bietjie sagter (so 10º)

Cream Cheese Icing (Martha Stewart):

225g Cream Cheese (room temperature)

125g unsalted butter (room temperature)

1 cup icing sugar

1 teaspoon vanilla
Place cream cheese in a medium mixing bowl. Using a rubber spatula, soften


cream cheese.
Gradually add butter, and continue beating until smooth and well blended.

Sift in icing sugar, and continue beating until smooth.

Add vanilla, and stir to combine.


Ek het die volgende verandering aangebring:
Ek het die beslag 1 keer aangemaak, maar ek het die cream cheese


vermeerder na 500g Cream Cheese

Nadat die koeke afgekoel het, het ek die boonste dele afgesny (myne het te veel

gerys in die middel). Ek het die eerste lag gesmeer met cream cheese frosting, toe

weer koek opgesit, weer gesmeer, weer koek opgesit en toe ge-ice op die bo kant en

die kante.