Monday 8 July 2013

Kaasbroodjie (Spoggerige ontbyt)




Kaasbroodjie (Spoggerige ontbyt)
Bestanddele
4 croissants
 2 eiers
 100ml melk
 50g parmesaankaas
 knypie vars neutmuskaat
 2 eetlepels botter
 2 handevol rosatamaties
 Vars orego
 olyfolie
 1 vars knoffeltoontjie
 haloumikaas

Metode
Sny croissants middeldeur.
 Maak 'n sous van die eiers, melk, parmesaan en neutmuskaat.
 Doop die croissants daarin en braai dit in botter in die pan tot bruin.
 Soteer die tamaties saam met die orego en knoffel in 'n bietjie olie in die pan.
 Sit die tamatiemengsel bo-op die gesnyde croissant en dan die haloumi.
 Rooster in oond totdat kaas begin bruin word.
 Bedien met 'n takkie roosmaryn bo-op.