Wednesday 10 July 2013

Snackle resep:




Snackle resep:
1 eier, 125 ml water, 125 ml melk, 1 ml sout, 250 ml gesifte meelblom. Klits eier, water & melk saam. Voeg droe bestanddele by vir 'n lopende beslag & klits deeglik. Mengsel voldoende vir ± 60 bakkies. Dit kan in die yskas bewaar word vir 'n redelike tydperk.
Metode:
Gebruik 'n kastrol net wyd genoeg vir een of meer snackles. Vul met kookolie om vormpies te bedek & verhit met snackle vormpies daarin. Skud oortolliige olie af wanneer Snackle vorm uitgehaal word. Druk Snackle vorm in deegmengsel maar verhoed dat die deeg oor boonste rand van die vorm gaan & plaas terug in warm olie vir ± 25 sekondes. Bakkies is ligbruin & bros wanneer gaar. Hierna hoef Snackle nie elke keer in olie geplaas te word voordat dit in deegmengsel gedruk word nie. As0Snackle te gou uit deeg gehaal word of as olie te warm is, sal die deeg afval. Plaas bakkies op 'n afkoelrak op absorberende papier. Gebruik 'n vurk om gaar bakkies uit olie te verwyder of die wat aan vormpies kleef mee af te druk. WENKE VIR VULSELS: SOUTHAPPIES bv. Gemaalde vleis versier met gekleurde uitjies, Vissoorte met mayonnaise, maccaroni & kaas Groente bv. Suikermielies, sousboontjies, SOETHAPPIES bv. Vla of tertvulsels. *VULSELS MOET DIE MINIMUM VLOEISTOF BEVAT. Vul doppies kort voor bediening anders word dit pap & kan dan taak bemoeilik om dit op te tel as vingerhappie! "LEKKER EET"!!!