Wednesday 10 July 2013

Dewald se Bunny Chow

 
 

Dewald Burger
Om bunny chow te maak terwyl ons op vakansie was, het ons sommer een van Pick & Pay se Durban Curry & Cumin Rice Kit pakkies gekoop en die resep so bietjie aangepas. Die resep op die pakkie stel voor 100ml olie, 750g maer beesvleis in blokkies gesny, 2 gekapte uie, 30ml gerasperde gemmer, 30ml fyngedrukte knoffel, bogenoemde pakkie van P&P, 200ml water, 250ml tamatie puree en 75ml gewone joghurt.

Lynette het ongeveer twee kg beesvleis (club steak van PnP) wat sy van die been afgesny het gebruik. Sy het dit in 'n swaarboom pot in 100ml olyf olie verbruin en toe uitgeskep.

Verder het sy klaar gekapte knoffel en gemmer gekoop en ongeveer 2 eetlepels saam met die gekapte uie en die pakkie speserye liggies gebraai (ons het nie die rys geursel gebruik nie). Die vleis en vleis sousies is toe teruggegooi in die pot en die tamatie puree en water bygevoeg en lmet die deksel op laat prut vir ongeveer 'n uur.

 Laastens het sy sowat 100 - 120ml van die joghurt bygeroer en goed gemeng.

Ons hou baie van warm kos, maar het gevind hierdie outjie mag dalk bo die gemiddelde persoon se smaak wees