Friday 5 July 2013

PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND




PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND: [ERINA DELPORT]
‘n Minder “sondige” weergawe van die tradisionele diepgebraaide pampoenkoekies ...

 125g sagte botter/margarien
200 ml suiker
3 eiers
1 koppie (250ml) koekmeelblom
15ml bakpoeier
2 ml sout
3 koppies (750 ml) gaar fyn pampoen
5 ml vanieljegeursel
fyn kaneel

 Sous
4 eiers
1 koppie (250ml) water
1 koppie (250ml) suiker
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel maizena
½ koppie (125ml) suurlemoensap

 SO MAAK JY:
Verhit oond tot 180°C.
Klits botter, suiker en eiers saam.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Meng dit by die eiermengsel.
Voeg fyn pampoen (koud of warm) en vanieljegeursel by.
Meng goed deur.
kep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies.
Bak tot gaar.
Laat staan om af te koel.
Meng al die bestanddele van die sous saam.
Kook die sous oor matige hitte en roer gedurig tot dikkerig.
Skep lepelsvol oor die gaar pampoenkoekies en besprinkel met kaneelsuiker.
Die pampoenkoekies vries baie goed.
Die sous kan in yskas gebêre word om weer te gebruik.

 MY WENK:
Maak dit in jou platboompan met deksel/foelie en sit kooltjies op deksel.
See More