Friday 5 July 2013

Gevulde Vetkoek




Gevulde Vetkoek

Koop brooddeeg of maak jou eie resep.

Jy kan jou eie vulsel gebruik.

Vetkoekdeeg:

8k meel 1pakkie gits gis 2t suiker 3t sout 100ml olie 650ml louwarm water 3 geklitste eiers sif die meel gooi aan die een kant die sout aan die anderkant die gis en die suiker bo op die gis dan gooi ek die olie geklitste eiers en die louwarm water oor en knie dit tot dit glad en elasties is en laat rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid. ek knie gewoonlik myne af en laat weer rys maar dit is n kwessie van smaak ek vind die vetkoek is dan lekker fyn gerys. rol dit dan dun uit en skep die vulsel op gooi nog n lagie deeg bo oor en druk af en laat weer rys en bak dit dan in olie nie te warm nie.