Friday 5 July 2013

Koejawelblatjang


Koejawelblatjang

Maak 3 liter
 
1 liter bruinasyn
3 k suiker
500 g uie, geskil en fyngekap
½ t fyn gemmer
2 t sout
2 t naeltjies
1 t peper
2,5 liter koejawelpuree*


Verhit asyn in ‘n pan. Voeg die suiker by en verhit tot opgelos. Voeg die uie en ander speserye by en kook 20 minute. Voeg die koejawelpuree by en kook mengsel tot verdik. Laat dit effens afkoel. Plaas in gesteriliseerde bottels nadat die blatjang afgekoel het. Bedien met vis, hoender en koue vleise. Ideaal om ‘n hoender in die oond bruin te maak.

*Kan gemaak word deur ingelegte koejawels in ‘n voedselverwerker fyn te maak. Jy kan ook ryp koejawels blansjeer. Haal uit die water, verpulp en druk dan deur ’n sif om die sade van die pulp te skei.