Monday 8 July 2013

Ongekookte Vla




Ongekookte Vla

150 ml Vlapoeier
bietjie koue water
750 ml kookwater  
1 blik kondensmelk
10 ml vanielje essens


Gebruik water om die vlapoeier mee te meng tot 'n loperige egalige pasta. sonder klontjies.
Gooi borrellende kookwater net nadat dit gekook het by terwyl jy vinnig roer, vir so een minuut tot mengsel egalig is.
Gooi blik kondensmelk by en roer mooi deur.
Voeg nou die essens by en meng goed.