Monday 8 July 2013

GEBRAAIDE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)




GEBRAAIDE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)
4 aartappels, geskil
3 sprietuie
1 eier
sout en peper
olie vir braai
Geposjeerde eier
8 eiers
80ml water
2,5ml asyn
Spekvleis en mikrokruie vir voorsit
1. Rasper die aartappels en druk oortollige vloeistof uit. Meng dit goed in ’n bak met die sprietuie, eier, sout en peper.
2. Verhit die olie in n pan oor matige hitte. Wanneer dit warm is, skep lepels vol van die aartappelmengsel in en druk dit plat om koekies te vorm. Draai om en bak tot bros.
3. Geposjeerde eiers Breek ’n eier in n mikrogolfbak en gooi die water en asyn versigtig in. Bedek die bak met ’n bord. Sit dit in die mikrogolf en kook 30sek op 80 %-krag. Kyk of die eier gaar is en skep dit met ’n gaatjieslepel uit.
4. Sit die geposjeerde eier op die aartappelkoekies voor saam met spekvleis en kruie