Monday 1 July 2013

Griekse Klapper Tert

Griekse Klapper Tert

125g margerine
250ml suiker
250ml lou warm water
3 eiers
250ml koekmeel
15ml bakpoeier
bietjie sout
500ml klapper

Verhit die oond 180ºC
Room die suiker en margerine saam. Voeg eiers by en meng en dan die water.
Sif in die meel, bakpoeier en sout , meng goed en laaste sit die klapper in. Meng, die deeg is loperig. Sit in bak. Bak vir 30-40 min.

Stroop
200g suiker
250ml water
Kook saam vir 3min gooi oor warm tert.