Monday 1 July 2013

GEMMERTERT




Katie Heine

GEMMERTERT

KORS:
1 pak (200g) gemmerbeskuitjies
45ml botter

25ml goustroop

VULSEL:
1 blik (380g) caramel kondensmelk
60ml gemmerstroop
15ml fyn appelkooskonfyt
45ml fyn gekapte gemmerkonfyt stukke
15ml gelatine
30ml koue water
1 blik (170g) ingedampte melk, oornag verkoel

Styfgeklopte room en gemmerstukkies vir versiering

METODE:
Spuit ‘n diep 26cm tertbord met kleefwerende middle.
Maak gemmerbeskuitjies fyn in voedelverwerker.
Verhit botter en goue stroop tot gesmelt.
Voeg by die krummels en meng.
Druk vas op die bodum van die tertbord en plaas in die yskas tot benodig.
Klits die caramel kondensmelk saam met die gemmerstroop en appelkooskonfyt tot glad.
Voeg gemmerkonfyt stukke by en meng goed.
Strooi die gelatine oor 30ml koue water en laat 5 minute staan.
Verhit stadig, maar moenie dat dit kook nie.
Roer tot heeltemal gesmelt.
Voeg by die kondensmelkmengsel en meng goed.
Klits die ingedampte melk goed tot skuimerig en vou by die kondensmelkmengsel in.
Giet in die voorbereide kors en plaas in die yskas tot gestol, verkieslik oornag.
Versier met room en gemmerstukkies.
Lewer ‘n medium tert.