Monday 1 July 2013

Maalvleis met 'n maklike deegie




Die foto was die inspirasie vir vanaand se ete:

KERRIE EN RYS: [moet lekker souserig wees)
500 g maalvleis
1 ui
Bietjie olie
½ teelepel Rajah kerriepoeier (mild and spicy)
Blikkie groente
2 eetlepels appelkooskonfyt
3 of 4 naeltjies
1 pakkie Royco mild thai Kerrie (bief) (klaar geel, geen borrie nodig)


Gooi ‘n bietjie olie in ‘n kastrolletjie. Kap ui en braai in die olie. Gooi die kerriepoeier by. Laat dit saam met die uie braai. Voeg maalvleis by en braai tot bruin en gaar. Meng Royco mild thai kerriepoeier met water en voeg by die maalvleismengsel. Prut oor stadige hitte. Voeg naeltjies by. Gooi 2 eetlepels appelkooskonfyt by. Dan die groente.

Die oorgooi-degie:
200 ml meelblom
1 E bakpoeier
½ t sout
1 eier
1 k room
¼ k melk

Metode:
Meng die meelblom, bakpoeier en sout.
Klits die eier, room en melk saam en klop dit in die meelmengsel.

Skep oor die gaar vleis en bak teen 180 º C vir ongeveer 30 minute.