Tuesday 21 May 2013

Tuisgemaakte vanieljegeursel




Tuisgemaakte vanieljegeursel is duur om te maak, maar lyk só mooi dat dit amper die geld werd is net om daarna te kyk. Dit het ’n heeltemal ander geur as die swart geursel wat ons in die winkels koop – daar is niks kunsmatig daaraan nie.

500 ml goeie brandewyn
4 vet vanieljepeule, in die lengte deurgesny

Giet die brandewyn in ’n gesteriliseerde fles. Skraap die saadjies uit die peule en voeg dit (saam met die peule) by die brandewyn in die fles.

Bedek lugdig (met ’n gesteriliseerde deksel en laat staan die fles vir minstens twee maande op ’n koel, donker plek. Skud dit elke nou en dan liggies (selfs ná die twee maande staantyd verby is). Bêre op ’n koel, droë plek en maak seker dis altyd lugdig geseël.

Lewer 500 ml geursel.