Tuesday 21 May 2013

Tannie Drika se Ingelegde Komkommerslaai





 Bestandele:
6 Groot Engelsekomkommers (in skrywe gesny met skil)
4 1/2 Liter water
1/2 koppie sout.
Laat komkommers oornag in water en sout. Dreiner die volg. dag.
4 Uie in skywe gesn
3 koppies wit asyn
3 koppies suiker
1 Eetlepel droee mostert
1/2 teelepel borrie

2 1/2 Eetlepels Mazina
Metode:
Kook die uie, asyn, suiker, mostert en borrie vir 10 minute.
Bind met Mazina (wat met n bietjie water aangemaak is)
Voeg komkommers by en laat opkook vir so +- 5 minute.
Bottel warm.