Tuesday 21 May 2013

Paprika-varkvleis





Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

• 30 ml botter
• 2 middelslag-uie, gekap
• 30 ml paprika
• 250 ml hoenderaftreksel
• 15 ml tamatiepasta
• 1 rooi soetrissie, ontpit en dun opgesny
• 500 g varkfilet, in dun skyfies gesny
• 25 ml koekmeel
• 125 ml suurroom
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
• rys of noedels om voor te sit
• vars basilie vir garnering

1 Verhit die botter en soteer die ui tot sag. Voeg die paprika by en roer vir ’n paar sekondes. Voeg die hoenderaftreksel en tamatiepasta by en laat prut vir 10 minute sonder ’n deksel.
2 Voeg die soetrissie en varkvleis by en laat prut vir vyf minute.
3 Roer die meel by die suurroom. Roer dit by die varkvleismengsel. Laat prut tot effens verdik. Roer die suurlemoenskil by en geur na smaak. Sit voor met rys of noedels en garneer met basilie.