Wednesday 22 May 2013

Soetsuurdeeg

Joretha Visser

15 ml sout
15 ml suiker
750 ml kookwater
250 ml bruinbroodmeel
1 aartappel - geskil en in kwarte gesny


gebruik ‘n diep kastrol met ‘n deksel wat dig pas. gooi die sout, suiker, aartappel en die kookwater daarin en meng met ‘n houtlepel. Laat afkoel tot lou. Strooi die meel oor. maak die kastrol dig toe en laat oornag op ‘n warm plek staan. die volgende more voeg jy 250ml warm water by , asook genoeg broodmeel om ‘n matige beslag te kry. strooi ‘n bietjie meel bo-oor en sit weer die deksel op. draai die kastrol toe in ‘n handdoek en plaas op ‘n warm plek. binne 1 uur behoort die deeg gereed te wees om te knie – gebruik die soetsuurdeeg mengsel in beskuit, maar moet dit dan nie te veel knie nie.

500g botter
500 ml kookmelk
10 ml sout
2.5 kg broodmeelblom
500 ml soetsuurdeeg – sien onder

smelt botter in kookmelk, voeg die sout by en laat afkoel – maak ‘n holte in die meelblom en gooi die insuursel en die loumelkmengsel daarin, meng tot ‘n stywe deeg, voeg louwater by indien nodig . knie baie goed en hou op ‘n warm plek. bedek nou die deeg met ‘n vadoek en laat rys tot dubbeld die deeg se volume.

vat die deeg in jou hande en rol die deeg uit in ‘n lang rol. plaas 2 rolle in elke broodpan wat jy met botter gesmeer het, sit ook gesmelte botter tussen die twee beskuitrolle . smeer nou botter bo-oor en laat weer op ‘n warm plek rys. as die deeg weer dubbeld sy volume het, bak jy die panne teen 220 C vir 1 uur. toets vir gaarheid

keer uit en breek in stukke – droog uit in ‘n koel oond