Wednesday 22 May 2013

Vriendskapkoek

Vriendskapkoek (snowflake resepteboek)

500 ml koekmeel 10 g (1sakkie) kitsgis
500 ml louwarm water
Meng al die bestanddele, bedek en laat staan 7 dae. Roer een keer per dag. Gebruik 250 ml van die mengsel vir koek.
Dag 1: Voeg 250 ml suiker, 250 ml koekmeel en 250 ml melk by.
Dag 2, 3 en 4: Roer, bedek en laat rys.
Dag 5: Voeg 1 k suiker, 1 k koekmeel en 1 k melk by.
Dag 6, 7, 8 en 9: Roer goed. Bedek en laat rys.
Dag 10: Roer. Gee drie vriendinne elk 250 ml van die mengsel saam met 'n afskrif van die resep. Hou 250 ml en voeg die volgende by:
250 ml kookolie 3 eiers, geklits
250 ml suiker 500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier 5 ml koeksoda
10 ml vanieljegeursel 5 ml kaneer
3 ml fyn gemmer 2 ml gemengde seserye
2 ml fyn naeltjies 1 blik (410g) tertappels, gekap
20 ml koekvrugte 125 ml gekapte okkerneute
250 ml klapper, opsioneel versiersuiker om oor koek te stuif
Meng al die bestanddele goed. Skep in gesmeerde 22cm ringpan of twee 23 cm broodpanne en bak 45 minute (ringpan) of 50 - 60 minute (broodpanne) in voorverhitte oond by 160ºC. Stuif versiersuiker oor en sit warm of koud voor met room. As die mengsel meer as verdubbel terwyl dit staan, roer net weer.