Thursday 16 May 2013

Skaaprugstringpastei






2kg rugstringvleis (vra jou slagter vir ’n hele skaaprugstring)
3 takkies roosmaryn (of 3 teelepels droë roosmaryn)
1 teelepel gemaalde swartpeper
240g koekmeel
1 teelepel bakpoeier sout na smaak
1-2 koppies water
80 ml botter
koue water
Verhit die oond tot 160ºC. Geur die vleis met die roosmaryn en peper (maar moenie sout bysit nie), sit dit in ’n pot met ’n styfpassende deksel, en gooi die water by.
Bak dit vir 2 uur of totdat die vleis van die been af loskom. Jy kan dit ook oor ’n vuur of op ’n matige stoofplaat kook.
Maak intussen die kors: Meng die meel, bakpoeier en sout, en vryf dan die botter met jou vingerpunte daarby in (dit moet soos broodkrummels lyk). Voeg nou net genoeg koue water by, bietjiesbietjies sodat dit ’n stywe deeg vorm. Rol die deeg ongeveer 3mm dik uit, volgens die grootte van die pasteibak.
Haal die bene uit die vleis en voeg ongeveer 1 eetlepel sout (of na smaak) by. Skep dit in ’n oondvaste bak en bedek dit met die uitgerolde pasteikors.
Bak die pastei vir 40 minute teen 180 ºC totdat die kors goudbruin is. Sit dit voor saam met kweperjellie en soetpatats of kweperblatjang.