Thursday 16 May 2013

Maklike Sjokolade versiersel




Maklike Sjokolade versiersel vir kolwyntjies en laagkoeke

500ml room
1 pakkie sjokolade kitspoeding
250 ml melk
100 g donker sjokolade - in blokkies gebreek


Metode

Meng die kitspoeding met die 250ml melk en klits goed. Laat in yskas om te stol. Plaas die sjokolade in a bak oor warm water en smelt. Klits nou die room tot styf, klits die kitspoeding by en laastens die gesmelte sjokolade. Skep in 'n spuitsak en versier 16 groot kolwyntjies of 1 vierlaag koek.

(My easy cooking)