Monday 20 May 2013

Pata-wortel-en-lensiesop





Genoeg vir: 8
 Bereidingstyd: 20 minute
 Gaarmaaktyd: 40 minute
• 30 ml olyfolie
• 1 groot ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 5 ml fyn koljander
• 10 ml fyn komyn
• 2-5 ml fyngedrukte rissies
• 500 g soetpatats, geskil en in blokkies gesny

• 500 g wortels, geskil en in skyfies gesny
• 1,5 liter hoenderaftreksel
• 125 ml rooi lensies
• 15 ml suurlemoensap
• 25 ml vars koljander, plus ekstra vir garnering
• heel rissies vir garnering

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor mediumhoë hitte. Voeg die ui en knoffel by en soteer dit vir drie minute. Roer die speserye en rissies by en roer dit vir een minuut. Voeg die patat en wortel by en braai dit vir vyf minute. Roer dit af en toe.
2 Voeg die aftreksel en lensies by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat dit vir 30 minute prut of tot die groente sag is. Haal dit van die plaat af en voeg die suurlemoensap en koljander by.
3 Meng die bestanddele in ’n versapper tot glad. Verhit dit en sit dit voor met nog koljander en rissies.