Monday 20 May 2013

Kerriegroentegereg (Vleisloos)





Bestanddele:
2 medium aartappels
185 g uie (of 1 groot ui)
70 g wortel
100 g murgpampoentjies
50 g seldery
4 medium grootte tamaties (sonder skil)
100 g sampioene
5 ml sout
15 ml olie
Speserye:
5 ml mosterdsaad
5 ml komynsaad
5 ml borrie
5 ml fyngemaalde koljander
5 ml Garam masala

Metode:
Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook vir 10 minute in soutwater. Wanneer dit saggekook is, dreineer en hou eenkant.
Berei groente voor. Sny die uie, seldery, wortels, murgpampoentjies en sampioene in skyfies.
Verhit die olie in ‘n wok of groot braaipan. Braai die speserye daarin totdat die mosterdsaad skiet. Voeg die uie by en braai vir 5 minute in die speseryemengsel. Gooi die wortels en seldery by en braai nog 5 minute. Nou kan die sampioene, murgpampoentjies en tamaties bygevoeg word. Vou die aartappels in die mengsel in. Voeg sout na smaak by. Plaas die deksel op en prut vir 10 minute tot sag.
Sout bring die geur van die speserye uit – voeg dus bietjie meer sout by indien die geur ontbreek.
Bedien met basmatirys