Monday 20 May 2013

Nutty Crust Patats





Bestandele:
4 kg patats – of soveel wat jy wil kook.
1 pak Nutticrust-beskuitjies
(probeer ook gemmerkoekies, broodkrummels, provitas)
250 ml vars room
500 g goue stroop
Metode:
Kook die patats in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn met bietjie botter.
Smeer ‘n oondvaste bak. Skep die patats in die bak.  Maak die stroop
bietjie warm en gooi die oor. Gooi  dan ook die die room bo-oor.
Krummel die  pak beskuitjies en gooi dit oor die patats  Bak vir
20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.
As jy bietjie iets anders wil doen:
Deel patats in 2 – sit 1ste deel van patats in bak, dan lag gemmerkoekies, dan weer lag patats, room en pak dan marshmallows op en bak ook vir so 30min by 180C