Wednesday 15 May 2013

Maaltye wat maklik kan vries (verskeie resepte)

 
 
Romerige tamatiesous en varkworsmaalvleis
(Bedien 4-6)

1 e olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 uitgedroogte rooi brandrissie, fyngekap
6-9 vark worsies
2 blikkies ingelegte kersietamaties
2 roosmaryntakkies
150 ml room

400 g pasta, vir opdiening

Plaas ʼn pan oor mediumhitte en verhit olie. Braai uie 2 – 3 minute liggies. Voeg knoffel en rissie by en braai tot sag en goudbruin. Verwyder vleis uit varkworsieomhulsel en voeg by pan. Braai tot goudbruin en voeg roosmaryntakkie by vir smaak. Gooi die tamaties by en prut 10-15 minute totdat die sous effens verdik het. Verwyder roosmaryntakkie en geur na smaak. Roer room by en meng deeglik deur. Terwyl die sous prut, kook pasta van jou keuse in ʼn kokende gesoute water tot ‘al dente’. Bedien saam met parmesaankaas en pan-gebraaide klein tamaties.
 
  • ...jy kan basies enige pasta of groente en vleisgereg suksesvol vries.
    byvoorbeeld die herderspastei, macaroni en kaas en spaghetti met tamatie.

    1pak spaghetti gaar
    1kg maalvleis
    2 uie
    1 greenpepper
    witsous
    1blik heelpitmielies
    50ml mrs balls chutney
    50ml tamatiesous
    250g kaas

    Braai uie tot bruin, voeg maalvleis en greenpepper by en braai tot gaar. Voeg mielies by. Meng pakkie
    tradisionele witsous en voeg by. Voeg sout, swartpeper, tamatiesous en chutney by. Meng goed met spaghetti. Plaas in oondbak en strooi rasperkaas bo oor. Bak 30 min by 160.
    Hierdie kan in blokke gedeel en gevries word of in kleiner alluminium bakkies gebak word.
     
  • FRANFORTERKASSEROL

    15 ml margarien (1e)
    125 ml (halwe koppie) gekerfde seldery
    1 groot ui
    1 blikkie tamatieroomsop (of 1 pakkie aangemaak)
    5 ml (1t) Worcestersous
    5 ml (1t) aangemaakte mosterd
    sout en peper na smaak
    500g frankforters
    250g gaar spagetti of noedels
    gerasperde kaas
    1. Voorverhit oond tot 180 C (350 F)
    Smelt margarine in n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
    2. Voeg sop, worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en
    meng goed.
    3. Sny worsies skuinsweg in 2,5 cm stukkies en voeg by.
    4. Skep gaar spagetti in n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
    5. Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.
    Hierdie is n blits resep en ek vries hom net voor hy gebak word.
     
  • Grootmaat Frikkadelle
    1 kg maalvleis,
    1 gr ui gekap,
    1 k hawermout,
    1 blik(410g) spagetti in tamatiesous,
    2 pk verskillende soppoeiers (bv. groentesop en bruinuiesop),
    1 dik sny witbrood in water geweek en droog gedruk,
    15ml kerriepoeier, sout en varsgemaalde peper.
    Verhit oond tot 180°C en spuit oondpan. Meng al die bestanddele en vorm frikkadelle.
    Rangskik in oondpan en bak bedek ± 40 min en maak oop en bak nog tot bruin bo-op.
    NB: Dit kan ook ongebak in houers gepak en gevries word tot nodig.
    Haal vooraf uit, ontdooi en bak tot gaar.
    ± 30 frikkadelle NS: soppoeiers kan verander word om dan smaak te verander.
     
  • Pastorie souttert

    1Gekapte ui,
    1blikkie buli beef,
    1blikkie viennas,
    500ml gerasperde kaas,
    2 snye dik wit brood,
    250ml warm melk ,
    2 eiers,
    sout en peper.
    Week brood in melk en meng dan alles saam. Bak 180 grade vir 45minute. Kan ook blikkie roomsampioene insit, maar ek los dit maar uit as ek die tert vries.
     
  • KORSLOSE TUNATERT

    Meng net al die bestandele en bak by 180 vir so 1/2 uur.
    1Blikkie tuna,
    1 1/2 K water,
    1 1/2 K melk,
    1pakkie sampieonsoppoeier,
    1 groot pak kaas en uie chips,
    1 fyngekapte ui,
    1E asyn en 2 eiers.
    Hy vries lekker!!!
     
  • Korslose Hoender Pastei
    Bestanddele
    1 Hoender
    2 Eiers
    'n Kwart k Mayonaise
    1 k Gekoote rys
    2 Pakkies Simba chips
    1 Steel Selery
    1 blikke room sampioene sop
    1 Pakkie sampioen sop
    1 Ui
    1 k Ertjies
    Hoender aftreksel
    Melk en water
    Gerasperde Kaas
    Metode
    Kook hoender en sny in fyn blokkies.
    Kook eiers hard en sny fyn.
    Druk Simba chips fyn.
    Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water.
    Kap ui fyn en en braai in botter.
    Meng alles behalwe aftreksel saam.
    Plaas in oondbak.
    Indien te droog voeg hoenderaftreksel by.
    Strooi gerasperde kaas oor.
    Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.
    Wenk
    Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word.
    Ontdooi en bak dan soos bo beskryf.
    Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterigge pasteie of 3 kleinerigge pasteie.
     
  • Summer sausage rolls
    2 large skinless chicken breast
    1 garlic clove, crushed
    2 rashers bacon, thinly sliced
    handful of basil leaves, chopped
    4 sun dried tomatoes chopped
    375g pack ready-roll puff pastry
    flour for dusting
    1 egg yolk beaten
    25g sesame seeds (optional)
    Whizz the chicke and garlic in a processor until minced. Tip in the bacon and sun dried tomatoes and basil. Pulse for 5 secs to mix. Season well.
    Roll the pastry onto a floured surface and cut in half lengthways. Spread half of the chicken along the middle of one of the pastry strips. Cut into desire size.
    Heat oven to 180C, place rolls onto a large baking tray,Unrush with egg and sprinkle with sesame seeds. Bake 20 minutes or until golden brown.
    *Uncooked rolls can be frozen for up to 1months.
     
  • SPAANSE HOENDER PAELLA
    1 hoender gekook en ontbeen
    4 groot tamaties in blokkies gesny
    1 pak sampioenroomsop
    250g skulpie noedels
    2 Groot uie gekerf
    250g spek opgesny
    500ml hoenderaftreksel
    10ml borrie
    1 blik ertjies
    Braai gekerfde ui, voeg dan gesnye spek en tamaties by en laat stowe/ Voeg hoender by. Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel. Kook noedels sag in sout water en voeg saam met ertjies by vleis. Laat prut vir 10min. Bedien met groenslaai. Hierdie gereg vries fantasties.
    VARIASIE: Gebruik rys in die plek van die pasta
     
  • Ghoelasj
    3e koekmeel
    2t sout
    1t paprika
    1kg beesvleis in blokkies gesny
    3e olie
    2-3 uie geskil en gekap
    1 beesvleis blokkie opgelos in 1k kookwater
    65g blikkie tamatiepasta
    3e bruinsuiker
    1knoffelhuisie fyngedruk
    1-2 lourieblare
    2 heel naeltjies
    250ml of 300ml Rooiwyn
    1k water of meer as nodig
    5 wortels gesny
    Meng meel, sout, paprika in mengbak en bek jou vleis daarmee
    Verhit die olie en braai bietjies vir bietjie jou blokkies vleis daarin tot mooi bruin.
    Voeg jou uie by en braai tot sag.
    Voeg alles by en nou kan jy nog water byvoeg om te verhoed dat dit droog kook.
    Skep alles in n oondpan en bak in jou oond vir so 1- 2h tot jou vleis sag is.
    Oond by so 160*C
    Nou kan jy room in roer of 100ml jogurt en gekapte pietersielie oorstrooi.
    Om te Vries:
    Maak gaar, laat afkoel, bedek en merk
    Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit dit in die oond of jou mikrogolf oond
     
  • BOBOTIE
    500 gram maalvleis
    2 snye brood geweek in ½ koppie melk
    ¼ pakkie fyn spek
    1 ui gekap
    Handvol rosyne
    1 teelepel kerrie
    1 eetlepel appelkooskonfyt
    1 piesang
    1 appel in blokkies gesny
    ½ pakkie sampioensop - droog
    1 koekie vleisaftreksel
    2 eiers
    1 koppie melk
    Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin.
    Om te vries:
    Bak volgens die resep voor jy dit gaan vries. Laat net afkoel en bedek met plastiek of n deksel en merk en vries dan. Wanneer jy dit wil gebruik , ontvries en herverhit in jou oond by 120*C vir so 30MIN.of in jou Mikrogolf oond tot deurwarm