Wednesday 15 May 2013

Warm dubbel-sjokolade-drankie





(maak 750 ml)
• 250 ml room
• 250 ml melk
• sade van 1 vanieljepeul
• 2 stukke heel kaneel
• 100 g donkersjokolade
• 100 g witsjokolade
• 15 ml Frangelico, opsioneel
Bring room, melk, vanieljesade, -peul en kaneel tot kookpunt.Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt en glad. Laat stadig prut vir 5 minute. Gooi deur 'n sif en geur met Frangelico of 'n likeur van jou keuse. Sit warm voor.