Wednesday 15 May 2013

Tamatiesous




(vir 500 ml)
  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 125 ml rooiwyn
  • 40 ml tamatiepasta
  • 40 ml vars gekapte basiliekruid of 5 ml droë basiliekruid
  • 5 ml suiker
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak (vir 1 liter)
  • 60 ml olyfolie
  • 3 uie, fyngekap
  • 750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 80 ml tamatiepasta
  • 80 ml vars gekapte basiliekruid of 10 ml droë basiliekruid
  • 10 ml suiker sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die gekapte uie by en laat stadig braai tot deurskynend en sag. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat die mengsel stadig kook vir sowat 1½ uur met die deksel effens oop, terwyl jy dit elke nou en dan roer. Druk nou die sous deur ’n sif of gebruik ’n elektriese verpulper. Geur weer indien nodig.