Thursday 16 May 2013

Glûwein




(maak ± 1 liter)

10 g heel naeltjies
2 lemoene
750 ml rooiwyn
250 ml lemoensap
100 ml port
3 kaneelstokkies


Druk die naeltjies in die skil van die lemoene en plaas saam met al die ander bestanddele in 'n pot. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut 10 minute. Verwyder die kaneelstokkie en lemoene uit en bedien warm.