Thursday 16 May 2013

Snoektert met krummelkors





 Kors
 1 x 200 g pakkie soutbeskuitjies
 125 ml gesmelte botter
 Vulsel
 1 x 230 g gladde maaskaas
 3 eiers
 30 ml mayonnaise
 1 ui, gerasper
 500 ml gevlokte, gerookte snoek
 (maak seker dat al die grate verwyder is)
 250 ml gerasperde cheddarkaas
 60 ml gekapte, vars pietersielie
 Sout en vars gemaalde swartpeper
 2 ml gerookte paprika
 Voorverhit die oond tot 180 °C. Pols die koekies in ’n voedselverwerker tot krummels en voeg die gesmelte botter by. Pols tot klam krummels wat aanmekaar vassit en druk die krummels op die boom en teen die kante van ’n middelslag-oondbak vas.
 Pols die maaskaas, eiers, mayonnaise, ui, snoek, kaas en pietersielie vinnig saam tot net gemeng en geur na smaak met sout en peper. Skep in die kors en smeer gelyk. Bak vir 30 minute tot ferm en goudbruin. Sprinkel paprika oor en sit voor met slaai. Lewer agt porsies.