Tuesday 21 May 2013

Aartappel Gesondheidsbroodjie





250ml aartappels, fyn gedruk
525ml volgraanmeel
250ml koekmeel
7ml koeksoda
5ml sout
10ml bruinsuiker
500ml ongegeurde lae vet jogurt
Voorverhit oond tot 180C. Meng die droë bestanddele saam. Vryf die aartappels met die vingerpunte in die droë bestanddele in. Meng die jogurt met die mengsel. Plaas die deeg in 'n gesmeerde broodpannetjie van 220mm x 100mm. Bak vir 1 uur en 15 minute.