Monday 20 May 2013

Ontbytgebak




Dié lekker gereg is maklik om te maak – jy kan dit al die vorige aand voorberei tot voor dit in die oond moet gaan en dit dan die oggend net bak.

250 g varkworsies
½ Ciabatta of Franse brood
1 knoffelhuisie, gekap
30 ml sagte botter
12 eiers
125 ml melk
5 ml sout
3 ml vars gemaalde swartpeper
60 ml gesnipperde grasuie

125 ml gerasperde, beleë cheddar

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met botter. Druk die varkworsies uit die worsderms en braai die worsvleis in ’n klein bietjie olie in ’n  pan tot gaar. Laat afkoel. Sny die brood in snye van 2 cm dik. Meng die knoffel en botter saam en smeer die brood met knoffelbotter. Pak die brood in ’n enkellaag in die oondbak en skep die gaar worsvleis bo-op. Klits die eiers, melk,
sout en peper saam. Roer die grasuie en kaas by. Giet die mengsel egalig oor  die brood en worsvleis. Dit sal ’n rukkie duur vir die brood om die eiervla te absorbeer. Druk dit dus aanhoudend met jou hande of met ’n lepel ondertoe tot dit nie meer dryf nie. Bedek nou die bak met foelie en bak 30 minute tot opgepof en byna ferm. Haal die foelie af en bak verder tot liggoudbruin. Laat staan ’n paar minute en sny in porsies. Sit voor met gebraaide tamatie en sampioene. Genoeg vir ses mense.