Wednesday 3 April 2013

Sout en Gebruike





'n Warmwatersak kan gevul word met kookwater deurdat dit plat op die tafel lê hou die nek skuins en gooi dan die water in.

Gooi 1 teelepel sout by om water langer warm te hou.

Angeliere hou langer in 'n blompot as jy sout in die water gooi.

As die beetvlek op 'n kledingstuk is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.

As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water).

As die vlek op 'n kledingstuk is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.

As jy aangebrande kos vinnig uit 'n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout
gevoeg is.