Wednesday 3 April 2013

Blatjang aartappels


6-8 middelslag aartappels
Sout
250ml vrugte-blatjang
250ml kookwater
125ml mayonnaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier

Metode

Kook aartappels in skil net tot sag. Verhit die oond tot 180ºC.
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al.  Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in ‘n vlak oondvaste bak met ‘n inhoud van ± 2,5 liter.  Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir ‘n halfuur lank.
Bedien warm.