Wednesday 24 April 2013

Nic van Wyk se karringmelk-lamsboud oor die kole

Genoeg vir 6 mense Lamsboud (omtrent 1,5 kg), ontbeen en gevlinder
MARINADE

  • 750 ml karringmelk (kan met ongegeurde jogurt vervang)
  • Sap van 3 suurlemoene
  • 15 ml fyn komyn
  • 2 takkies tiemie, blare afgestroop
  • 5 knoffelhuisies, skil verwyder en fyn gerasper

Meng marinade-bestanddele en smeer dit oor die lamsboud met jou hande. Plaas dit in ‘n glas- of plastiekbak, bedek en laat oornag in die yskas.
Vee die marinade van die vleis af (jy wil soveel moontlik van die marinade verwyder, om te verseker dat die vleis lekker kan braai). Sout en peper, Braai stadig oor lae kole, sowat 45 minute. Laat die boud minstens 15 minute rus.
Opdiening: sny die vleis op en bedien met platbrood, piekels en ‘n brandrissie-blatjang. Vir ‘n meer tradisionele geur, bedien dit met roosterkoek en ‘n koperpennie-koringslaai.