Wednesday 24 April 2013

Skrophoender roulade met suurlemoen- en roosmarynsous



10 porsies

2 heel hoenders, vel verwyder
2 t fyngekapte roosmaryn
200 ml dik witsous
200 ml cheddar/mozzarellakaas
15 ml fyn sout
10 ml suurlemoenskil
250 g hoenderlewers
100 g streepspek
1 knoffelhuise

1 ui, gekap

Deeg
500 g meelblom
250 g botter, yskoud
5 ml sout
250 ml yswater

1. Voorverhit oond tot 220ºC
2. Kook hoender tot sag met speserye en verwyder bene
3. Voeg witsous en kaas by.
4. Braai uie en spek en voeg lewers by.
5. Maak hoenderlewers gaar in uie en spek tot pienk en nie oorgaar.
6. Meng meelblom en sout.
7. Rasper yskoue botter by en maak deeg aan met yswater tot gemeng.
8. Druk aan mekaar en laat rus in yskas vir halfuur.
9. Rol deeg uit in ‘n groot reghoek en pak hoender in ‘n lang strook op die deeg.
10. Sit lewers op die hoender.
11. Rol op tot deeg net oormekaar val en plak die vou met water vas.
12. Draai om sodat die vou onder is en verf met eier.
13. Bak vir 45min. tot goudbruin en gaar.