Wednesday 3 April 2013

Rand-Rekker resepte

Leoni Swanepoel
Ek het een en dis vleisloos. ek het altyd 'n pot pasta gekook en dan in 'n ander pot maak ek 'n sous. Braai uie en knoffel en dan baie tamaties. Gooi dan nog 'n pakkie tamatiepasta by met 'n telepel suiker en speserye waarvan jy hou. Rasper 2 koppies cheddar en roer dit hierby tot dit gesmelt is. Dreineer die paste en roer die daarby. My familie was gek daaroor.
Karina En Hermanus Vander Boudt
Ek maak `n pot pasta en roer `n blikkie tuna by. Soms gooi ek `n blikkie groenmielies of ertjies by saam met mayonise. Soms as ons dit gaan warm eet, gooi ek gekookte eiers by - my mense hou daarvan en dit is vinnig en maklik.
Nadia de Lange
Jammer - ek is nie 'n werkende mamma nie, maar net 'n werkende vrou. Maar, paste en groente en mince of 'n stukkie vleisie / hoender in my chef wat ek twee jaar gelede by my pa gekry het. Een pot om skoon te maak - dankie tog! Werk net so oulik met rys in plaas van pasta.
Sarah Dicks du Toit
My moeder maak altyd in stoompot!!---gooi rys in,sopvleis,enige groente wat jy wil en ui en artappel stoom als gaar! En sout en peper
Janetta Muller van Niekerk
KFC in Mikrogolf - rol hoenderstukke in krummels, verkieslik dye en boudjies, pak in sirkel in bak, 10 min hoog, 10 minte medium - baie lekker
Theresa Buitendag
VISPASTEI

1 Blik sardyne in tamatiesous
2 k bruismeel
1/2 k olie

1/2 k melk plus 1 k melk
Sout en peper na smaak
2 eiers
Kaas

Meng bruismeel, kn. sout, olie en 1/2 koppie melk goed tot sagte deeg.
Voer gesmeerde pan met deeg.
Maak vis fyn met sous en al.
Giet bo-op deeg.
Strooi gerasperde kaas oor.
Klits eiers goed in 1 k melk.
Geur met sout en peper
Giet bo-oor kaas
Bak 1/2 uur @ 180 C (325 F)


Bedien met slaai.
Genoeg vir 4 tot 6 mense


Annelie de Beer Mariaan Myburgh
 
MINESTRONE NOODLE BAKE

Ingredients

25ml sunflower oil
100g mushrooms, sliced
2 spring onions, chopped
2 tomatoes, skinned and chopped
200g can tuna, drained
1 packet ROYCO Minestrone Soup
400ml water
500ml cooked noodles
250ml grated cheese

1. Fry mushrooms and onion in heated oil until softened.

2. Add tomatoes and tuna, cook for a minute then add the soup powder
mixed with 400ml water. Stir until thickened. Season to taste.

3. Arrange noodles over base of a casserole dish, pour over sauce, top with
grated cheese.

4. Bake in a preheated oven at 180C for 20 minutes.

Preparation time : 15 minutes. Cooking time : 20 minutes.
Serves 4.
 
Annelie de Beer
 
‘n Heerlike en maklike eier-en-kaasgereg vir ontbyt, brunch of ligte ete enige tyd.

Bestandele:

Koppie gerasperde kaas
1 Klaar gesnyde witbrood
8 Eiers
500ml room
500ml melk
Biltong,gesny of ‘n halwe pakkie (125g) gesnipperde bacon (kan dit uitlaat ook vir ‘n Halaal weergawe)
Sout en peper na smaak

Metode:

1) Verhit die oond na 180°C
2) Smeer ‘n groot oondbakplaat/oondvaste bak ( 30x40x5cm) met botter/margarine/”cook and spray”
3) Sny die korsies af van die broodsnye, sny elke sny in kwarte.
4) Pak die brood in die bodem van die plaat om ongeveer twee lae te vorm (hoef nie presies te wees nie)
5) Braai die bacon so bietjie as jy besluit om bacon by te sit (hoef nie donker en 100% gaar te wees nie).
6) Strooi die gerasperde kaas oor al die broodlae.
7) Klits die eiers, room en melk saam en geur na smaak.
Gooi dit oor die brood en kaas sodat dit intrek in die brood in.
9) Gooi die biltong of bacon eweredig oor alles.
10) Bak in die oond vir 40 minute.
11) Genoeg vir 8 mense, groot porsies.

Die wonderlike ding van die resep is dat jy dit al die vorige dag voor jy dit wil opdien kan maak en net bedek en in die yskas hou!
 
 
Annelie de Beer
 
VERGEET-MACARONI
2 Uie, geskil en gekap
50 ml ( 4 eetlepels ) olie
15 ml (3 teelepels) kerriepoeier
5 ml (1 teelepel) borrie

750 – 850 g maalvleis
Sout en peper (ek gebruik nie peper nie omdat daar kerrie inkom)
1 blik (425g) minestronesop (condensed een nie reg om te eet een nie)
1 pak (500G) Elmboogmacaroni
Kookwater
1 blikkie (410g) Indiese tamaties
25 ml (2 eetlepels) fyn gekapte pietersielie – die skip ek gewoontlik
METODE:
1. Verhit die pan en braai die uie in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die Kerrie en borrie by en roer deur. Voeg die vleis by en braai bruin. Geur goed met sout en peper.
2. Roer die sop by. Strooi die macaroni net so uit die pakkie bo-oor. Geur liggies met sout. Voeg drie blikke kookwater by. Skep die tamaties by. (nie alles op een plek nie). MOENIE roer nie. Bedek en prut vir 45 minute op LAAG, sonder om in die pan te loer. Strooi pietersielie oor en sit voor
 
Mariaan Myburgh
 
1.Maak mince gaar meng met Bistro sous en gooi gevriesde of geblikte groente by. Bedien op rys. 2. Pasta, varkworsies opgesny of bacon, ertjies (en wat ookal jy wil). Meng 1 blikkie vars room met n halwe pakkie sop vir die sous. Meng als terwyl nog in pan. 3. Snack aandete: gekookte eier, viennas, vars tamatie en stukkie kaas. 4. Visvingers, mash en baked beans. 5. Koeskoes, feta en butternut gemeng. En n handvol sonneblomsade. 6. Halwe butternut met mince gevul - bak in oond. En net voor die kinders flou val eet hulle en jy kan aangaan met wat ookal.