Wednesday 10 April 2013

5 minute-sjokolade-koppie-poeding




4 eetl koekmeel
4 eetl suiker
2 eetl kakao
Knippie sout
1 eier geklits
3 eetl melk
3 eetl olie

3 eetl sjokolade splinters of 2 blokkies sjokolade (gooi vulsel in koppies en druk die blokkies daarin)
1/4 teel vanielje geursel
Benodig: 2 teekoppies met 250ml inhoudsmaat
Stap1:
Skep di helfte van al di droe bestandele in elk van die tee koppies en meng goed. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
Stap 2:
Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
Stap 3:
Voeg die sjok splinters en vanielje by en meng goed.
Stap 4:
Plaas 2 koppies gelyk in die mikrogolf 3 minute @ 100% krag.
Stap 5:
Maak ligweg los en keer om op 2 bordjies. Plaas n skeppie roomys bo-op elk en sif n bietjie kakao oor.