Wednesday 10 April 2013

Bobotie




WENKVir ’n vegetariese bobotie, vul die groente aan met 250 ml (1 k) gerasperde botterskorsie en vervang die maalvleis deur 500 ml (2 k) saggekookte bruin lensies. Sit voor met rys en slaai. (Bruin rys en lensies saam verskaf aan die liggaam ’n kombinasie van proteïene wat vleis kan vervang.)
Ingredients
 
2 uie, fyngekap
1 groot knoffelhuisie, fyngedruk
1 groen soetrissie, fyngekap
1 wortel, gerasper
300 g murgpampoentjies, grofgerasper (opsioneel)
1 Granny Smith-appel, grofgerasper (opsioneel)
30 ml (2 e) botter of olie
500 g maer maalvleis (skaapof beesvleis of gemaalde oorskiet- koue gebraaide vleis)
2 snye brood
250 ml (1 k) melk
2 eiers
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) fyn koljander
15 ml (1 e) suiker (opsioneel)
10 ml (2 t) sout
2,5 ml (½ t) peper
30 ml (2 e) asyn of die sap van 1 suurlemoen
10 – 12 heel gepelde amandels
125 ml (½ k) pitlose rosyne
45 ml (3 e) blatjang
4 suurlemoen- of lourierblare en/of die gerasperde skil van 1 suurlemoen
 
Method
 
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).
2. Braai die uie, knoffel, soetrissie, wortel, murgpampoentjies en appel, indien gebruik, effens bruin in warm botter of olie. As rou vleis gebruik word, soteer dit apart in ekstra botter of olie tot net effens gaar. Maak die vleis los met ’n vurk.
3. Week die brood in die melk en druk die melk uit. Hou die melk eenkant en maak die brood fyn.
4. Meng die vleis met al die bestanddele, behalwe 125 ml (½ k) van die behoue melk, 1 eier en die suurlemoen- of lourierblare.
5. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en maak bo-op gelyk. Rol die blare op en steek hulle
regop in die mengsel in. As suurlemoenblare gebruik word, moet hulle in die lengte gehalveer word.
6. Bak 1 uur lank as rou vleis gebruik is en 30 minute in die geval van gaar vleis.
7. Klits die orige eier, 1 ml (¼ t) sout en die orige melk saam. Giet oor die vleis 20 minute voor dit uit die oond gehaal word.
8. Sit voor met rys en blatjang.