Wednesday 27 March 2013

Versier hardgekookte eiers vir Paasfees



Om hardgekookte eiers vir Paasfees te versierBenodigdhede:

  • Hardgekookte eiers
  • Voedselkleursel
  • Asyn
  • Warm water
  • Leë eierboksies
  • Gaatjieslepel

Hoe

om eiers te kleur:Meng sowat 20 druppels voedselkleursel en 1 eetlepel asyn by ’n beker warm water. (Gebruik ’n aparte beker of glasfles vir elke ander kleur.)
Laat die eiers vir 5 – 10 minute in die kleursel lê.
Gebruik ’n gaatjies lepel om die eiers te verwyder. Laat dit sommer in leë eierboksies droog word. 

Versier

dit met kolle:Bedek die eiers in ronde plakkers voordat jy dit in die kleursel doop.
Trek die plakkes af wanneer die eiers goed droog is.

Versier

dit met blinkers: Gebruik ’n verfkwassie om die eiers met kunsgom te bedek. Rol dan die eiers in blinkers, wat jy in ’n ou bak of bord uitgegooi het. Laat die eiers tot twee uur eenkant om goed droog te word. As jy blinkers of krale een-een op die eiers wil vasplak, gebruik sommer ’n oorstokkie om die gom en versiering aan te wend.