Wednesday 27 March 2013

Vis braai

‘n Geelstert vissie op die kole is darem maar heerlik.  Die blote feit dat hy nie so baie grate het soos sommige ander visse nie, het my al heeltemal oorwin na sy kant.  J

Wat word bedien saam met ‘n visbraai? 
Maak mens ‘n klomp slaaie daarby of moet mens baie bygeregte hê?
Nee wat.  Ons voorstel is om dit so eenvoudig moontlik te hou, sodat jy elke happie kan geniet. 

Wat van ‘n heerlike vars gebakte brood en natuurlik tuisgemaakte korrelkonfyt daarby.  (Die resep vir die konfyt is op ons blog beskikbaar, maar as jy nie self kan kook nie, hoekom nie sommer inloer by die winkel en ‘n potjie daar aanskaf nie.  Dit proe net so lekker.)

Hier is een van ons gunsteling Geelstert braai resepte:

Geelstert vis
Botter (± 300g)
Vars Suurlemoen sap (± 4 El)
Appelkooskonfyt (± 3 EL)
Meng bogenoemde bymekaar om ‘n sousie te maak, wat jy dan oor die geelstert smeer terwyl jy hom braai.  Jy kan die appelkooskonfyt smelt in die mikrogolf oond om dit maklik te kan smeer en meng.

Die hoeveelhede gaan afhang van hoeveel vis jy braai en ook jou voorkeur vir ‘n soeter smaak in die sous (dan meer appelkooskonfyt) of ‘n meer suurlemoen vars smaak (dan minder appelkooskonfyt).  Jy meng dit geheel en al na hartelus.