Wednesday 27 March 2013

Liplekker Hoender




BESTANDDELE

4 hoenderdye, sonder vel, met been
½ koppie Balsamiese reduksie (ek gebruik Verlaque se Honey & Rooibos)
½ koppie sojasous
½ koppie bruinsuiker

METODE

Meng die balsamiese reduksie, sojasous en suiker en verhit in 'n pan tot die suiker smelt.
Plaas die hoenderdye in 'n oondbak met 'n deksel en gooi die sous oor.
Bak vir 30 min teen 190 grade.
Haal deksel af en bak vir nog 20 tot 30 minute en draai die dye 'n paar keer totdat die sous lekker dik en stroperig is.
Bedien met jasmynrys en ‘n lekker groenslaai.